
Afrikaanse Sielkundige in Dubai
Welkom by ‘Thrive Wellbeing Centre’ in Dubai – die toonaangewende sielkunde kliniek in Dubai. Ons missie is om ons kliënte te help om hul geestesgesondheidsdoelwitte te bereik, terwyl ons dit op ʼn warm, simpatieke en oordeelvrye manier ondersteun. Ons glo in die krag van wetenskaplike en bewysgebaseerde behandelingsopsies. Terselfdertyd weet ons dat u uself en u gesin die beste ken. Met dit in gedagte, kombineer ons die nuutste navorsing en beste praktyk tegnieke met u waardes, om sodoende vir u die beste terapeutiese hulpmiddels te gee om self toe te pas.
In ons sielkunde kliniek het ons een terapeut wat Afrikaans magtig is, Jessica Rosslee, M.A.
Jessica Rosslee, M.A. – Afrikaans-sprekende Sielkundige in Dubai
Jessica Rosslee is ʼn DHA-gelisensieerde Kliniese Sielkundige (Dubai) en ʼn HPCSA-gelisensieerde Kliniese Sielkundige (Suid -Afrika). Sy het in 2011 haar Meestersgraad in Kliniese Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika, behaal. Haar kliniese belangstellings en uitgebreide kundigheid dek ʼn wye verskeidenheid geestesgesondheidstoestande of problematiese bekommernisse.
Jessica bied individuele terapie aan kinders (ouderdom 5+), adolessente, en volwassenes, sowel as ouerleiding.
Sy werk met kliënte wat die volgende ervaar: depressie, angs en spanning, probleme met emosionele regulering, selfbeserende gedrag, selfmoordgedagtes, grenslyn- en narsistiese persoonlikheidsversteuring, verhoudingsuitdagings, onopgeloste trauma, aanpassingsprobleme, rou en verlies, probleme met selfbeeld, gebrek aan doel en rigting, aandaggebrek- hiperaktiwiteitsindroom, outisme, die impak van kroniese pyn op jou geestesgesondheid (fibromialgie ensovoorts).
Vir afsprake, skakel ons telefonies, of per whatsapp, of voltooi gerus die onderstaande vorm (neem asseblief kennis dat ons administratiewe personeel Engels sprekend is).
Ons Sielkundiges lewer ook dienste in Arabies, Engels, Frans, Grieks, Hindi, Oerdoe, Bosnies, Kroaties, Russies, Oekraïens, Serwies, Sweeds en Turks.
Christi Gadd – Afrikaans-sprekende Sielkundige in Dubai
Christi Gadd is 'n DHA-geregistreerde Kliniese Sielkundige (Dubai) en 'n HPCSA-geregistreerde Kliniese Sielkundige en Neurosielkundige (Suid-Afrika). Sy het haar MSc Kliniese Sielkunde-graad voltooi, insluitend 'n een jaar Kliniese Sielkunde-internskap by Dr George Mukhari Akademiese Hospitaal, Ga-Rankuwa & Weskoppies Psigiatriese Hospitaal, Pretoria. Sy het haar loopbaan in 2012 begin as 'n Kliniese Sielkundige by 1 Militêre Hospitaal in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, waar sy betrokke was by neuro-rehabilitasie, psigoterapie, psigodiagnose, gesondheid-sielkunde en die opleiding en supervisie van kliniese sielkunde interns. In 2017 het sy voltyds in privaat praktyk begin, waar sy psigoterapie, psigologiese assesserings, lugvaart-mediese assesserings en medies-regtelike assesserings uitegvoer het.
Sy het verskeie terapeutiese belangstellings, insluitend angs, depressie, en verhoudingsuitdagings. Christi het 'n besondere belangstelling in die oorgang na die expat-lewe en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Een van die aspekte wat vir haar ‘n sin van diep vervulling bring, is om mense op hul reis van selfontdekking en selfaktualisering te vergesel. Haar belangstellings kan bes opgesom word as 'n nuuskierigheid om meer en meer te leer oor wat ons mens maak, veral die rol wat ons breine daarin speel.
Gebiede van belang
Die vreugdes en uitdagings van hierdie pragtige, komplekse lewe
Angs
Gemoedsversteurings (bv. depressie, bipolêre gemoedsversteuring)
Verhoudingsuitdagings - hulle is nie so maklik soos wat Hollywood ons wil laat glo nie
Intimiteitskwessies
Verraad en ontrouheid
Aanpassing tot ouerskap
Besluit om kinders te hê of kindervry te bly
Bewuste ontbinding van verhoudings
Onderskeidsterapie - om paartjies te help om duidelikheid te kry oor die toekoms van hul verhouding
Uitdagings te opsigte van moederlike en vroulike geestesgesondheid
Rou, verlies en die verwerking van emosionele pyn
Trauma - akuut en chronies
Koestering van wokke en onvervulde behoeftes
Persoonlike groei en selfaktualisering
Neurosielkunde van emosies en verhoudings
Breek van generasie-verwante patrone
Expat-lewe en die effek daarvan op romantiese en gesinsverhoudings
Ondersteuning vir neurologiese diagnoses (18+) (Veelvuldige sklerose, Motoriese neuron-siekte, Parkinson se siekte, Beroerte, Alzheimer se siekte & ander vorme van demensie, breinbeserings, breingewasse)
Christi se gunsteling deel van haar werk as terapeut is om beide haar hart en haar verstand in haar werk te gebruik. Eers haar hart. Hiermee skep sy 'n diep verbintenis en bevorder 'n gevoel van begrip vir haar kliënte sodat hulle weet hulle word ten volle gehoor. Dan haar verstand om 'n wetenskaplike, sistematiese ontleding van hul uitdagings te maak en uit te pluis wat hulle moontlik laat vassteek. Dit word verder ondersteun deur omvattende kennis van ons breine en hoe hulle ons gedrag beheer. Aan die ander teenpool, illustreer sy weer hoe ons verhoudings en lewenservaringe ons breine en algehele gevoel van welstand beïnvloed.
Sy sien elke kliënt as uniek en geen twee terapievorderinge is dieselfde nie. Elke proses word aangepas by die kliënt se spesifieke behoeftes. Sy luister empaties, maar gee ook oplossingsgerigte, insette en terugvoer. Jy mag dalk ook verras word deur 'n bietjie humor in jou terapieverhouding.
Haar liefde vir menslike verhoudings is gegrond in die Suid-Afrikaanse beginsels van Ubuntu - Ek is omdat ons is. Dit dui op die geloof dat ons almal onderling verbind is en mekaar nodig het om vreugdevolle en vervullende lewens te leef. Trauma, pyn en nood in een deel van 'n stelsel beïnvloed die res van die stelsel, maar genesing en groei in een deel van die stelsel rippel ook deur die res van die stelsel.
Christi se terapeutiese prosesse kombineer in-persoon en aanlyn sessies, aangesien sy tussen Dubai en Suid-Afrika pendel. Sy geniet dit om tegnologie in die terapeutiese proses te gebruik en terapeutiese tegnieke vir 'n aanlynformaat te vertaal.
Akademiese Kwalifikasies & Ervaring
2012 MSc Kliniese Sielkunde – Universiteit van Limpopo, Medunsa Kampus
2009 BSocSci (Hons) Sielkunde – Universiteit van Pretoria
2008 BSc Menslike Fisiologie, Genetika & Sielkunde – Universiteit van Pretoria
Verenigings & Affiliasies
Kliniese Sielkundige - Dubai Gesondheidsowerheid (DHA)
Kliniese Sielkundige - Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (HPCSA)
Neuropsigoloog - Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (HPCSA)
Volle Lid - Suid-Afrikaanse Kliniese Neuropsigologiese Vereniging (SACNA)
Geregistreerde Medies-Regtelike Praktisyn - Suid-Afrikaanse Medies-Regtelike Vereniging (SAMLA)
Behandelingsmodaliteite
Kognitiewe Gedragsterapie (CBT)
Rasionele Emotiewe Kognitiewe Gedragsterapie (RECBT)
Psigobiologiese Benadering tot Paartjieterapie (PACT)
Integrerende Interaksionele Psigoterapie
Interpersoonlike Patroonanalise
Persoonsgerigte Terapie
Kommunikasie-Opleiding
Sistemiese Terapie
Oplossingsgerigte Terapie
Breinspottingsmetode
Geleide Beeldvorming
Meditasie en asemhalingstegnieke
Eksistensiële Psigoterapie
Ondersteunende Psigoterapie
Narratiefterapie

Contact us to schedule an appointment

Afrikaans Psychologist in Dubai
Welcome to Thrive Wellbeing Centre in Dubai, UAE – the leading psychology clinic in Dubai. Our mission is to help our clients accomplish their mental health goals, while supporting them in a warm, empathic, and judgment-free way. We believe in the power of science and evidence-based treatment options. At the same time, we know that you know yourself and your family best. With this in mind, we combine the latest research and best practice with your values to give you the best tools for you.
At our psychology clinic we have one therapist who is fluent in Afrikaans - Jessica Rosslee, M.A.
Jessica Rosslee, M.A. – Afrikaans-Speaking Psychologist in Dubai
Jessica Rosslee is a DHA-licensed Clinical Psychologist (Dubai) and a HPCSA- licensed Clinical Psychologist (South Africa). She obtained her Master’s degree in Clinical Psychology at the University of the Free State, South Africa, in 2011. Her clinical interests and extensive expertise cover a broad range of mental health conditions or problematic concerns.
Jessica offers individual therapy to children (5+), adolescents, and adults, as well as parent guidance.
She works with clients who are experiencing the following: depression, anxiety, stress, emotional regulation difficulties, self-harm and suicidal ideation, borderline- and narcissistic personality disorder, relationship challenges, unresolved trauma, adjustments, grief and loss, self-esteem problems, lack of purpose and direction, adhd, autism, difficulty in managing the effect of chronic pain on your mental health (fibromyalgia etc.). Sarah, I don’t know if you want to put this section rather in a ‘bullet’ form instead of a paragraph (I left the Afrikaans section in a paragraph form, but it might read easier in a ‘bullet form’)
Simply phone, Whatsapp or fill out this form below to get in contact with us (our office staff speak English).
Our psychologists also offer services in Arabic, English, French, Greek, Hindi, Urdu, Bosnian, Croatian, Russian, Ukranian, Serbian, Swedish, and Turkish.

Our psychologists also offer services in Arabic, English, French, Greek, Hindi, Urdu, Bosnian, Croatian, Russian, Ukranian, and Serbian.
